Leerder gesentreerde onderrig
Ons sal 'n maksimum van 18 leerders per klas hê. Onderwysers werk in klein roterende groepies met leerders, afhangende van hul vaardigheidsvlak en individuele behoeftes.
Ons maak gebruik van dinamiese groepe wat volgens kinders se vermoë en voorafkennis verdeel word om seker te maak dat hulle nie net op hulle vlak bereik word nie, maar ook voldoende gestimuleer en uitgedaag word sodat hulle hulle potensiaal kan ontwikkel en bereik. Daardeur verseker ons ook individuele aandag van die onderwyser om sodoende attent te wees vir die behoeftes en belangstellings van die leerder.



Betrokke ouer-onderwyser-vennootskap
Ons glo in oop kommunikasie- kanale en samewerking met ouers. Ons handhaaf gereelde kontak deur middel van nuusbriewe, vergaderings en geleenthede soos 'n weeklikse middaguur-aktiwiteit en -skakelsessie tussen ouers, kinders en onderwysers om ouers ingelig en betrokke te hou by hul kind se ontwikkeling.
Self-gerigte leer en doelwitstelling
In teenstelling met die tradisionele skoolstelsel waar onderwysers doelwitte stel, stel ons leerders in staat om hul eie haalbare leer mylpale te stel, wat hul vermoë om groter doelwitte te beplan en te bereik, verbeter. Hierdie vaardigheid stel hulle in staat om suksesvol na hoër- en tersiêre studies oor te skakel en produktiewe lede van die samelewing te word.
Die ontwikkeling en stimulering van kritiese denke, nuuskierigheid en leergierigheid
Ons doelwit is om kinders se natuurlike leergierigheid te koester en verder te stimuleer.
Tesame met ’n leerder-gesentreerde benadering is die doelwit om seker te maak dat ons leerders weet wie hulle is en hoe hulle wil lewe en dat hulle nuuskierigheid, kreatiwiteit en belangstelling in leer lewendig bly deurdat hulle individuele aandag kry en 'n stem in 'n veilige, stimulerende leeromgewing sal hê.
Verder staan die ontwikkeling van kritiese denke sentraal en word hulle aangemoedig om te vra: Hoekom?
Ons fokus ook op die bemeestering van mensgerigte vaardighede wat nie deur masjiene vervang kan word nie.
